Sunday 16 September 2012

Sterre en Planete besoek Boyden-sterrewag

Prof Marian Tredoux (links) van die Departement Geologie van die Universiteit van die Vrystaat het by `n Vriende-aand meer vertel oor meteoriete van Mars wat ons op die aarde kry, en ook hoe belangrik die Curiosity-sending is.

Hennie Maas, prograamaanbieder van Sterre en Planete (regs)  het die program wat op 14 Augustus op RSG uitgesaai is die aand opgeneem.  Prof. Matie Hoffman (middel), `n gereelde deelnemer aan Sterre en Planete luister hier aandagtig na een van Hennie se vrae.